KULTUUR

drama15Drama

CHS Dramatiese Kunste het vir die heel eerste keer ‘n produksie met groot welslae by die jaarlike Grahamstad Nasionale Kunstefees opgevoer, by name Die Huweliksaansoek, ‘n vrolike klug deur Anton Chekov, verwerk deur Melina Smit.

Die dramadepartement het die ongelooflike prestasie behaal om die
ATKV-Tienertoneelkompetisie se Vrystaatstreekfees vir die tweede agtereenvolgende jaar te wen. Dertig dramaleerers van CHS het gedurende Augustus aan die Nasionale Tienertoneel-kompetisie in Bloemfontein gaan deelneem na ‘n suksesvolle “Poeding Port & Pouetrie” – aand in die
Keevy Kleinteater. Die twee produksies, Die Prys van Eiers (regie en
teks M. Smit) en Sit Regop (‘n verwerking van Christian Olwagen se drama, X&Y – deur die leerder-regiseurs, Wian Taljaard en Baila van den Heever) vaar uitstekend in die kompetisie. Die Prys van Eiers dring deur na die top-vier Streeksfinaal en skop weereens stof in die oë van skole soos Sentraal, Fichardt Park, Grey College en C&N Sekondêre Meisieskool Oranje.

Hoërskool Cradock se produksies verwerf verskeie toekennings. Die drie goue toekennings waarvan slegs ses in die streek toegeken is, gaan aan Wian Taljaard vir die produksie Die Prys van Eiers en aan Jeandri Visser vir kostuums.

Die hoogtepunt van 2016 se dramaprestasies is egter die feit dat CHS deurgedring het na die ATKV se Tienertoneel Finaal Top-16 te Aardklop met die produksie Die Prys van Eiers. Hierdie is ‘n besonderse prestasie, veral wanneer daar in ag geneem word dat daar meer as 3000 deelnemers was wat aan meer as 180 produksies deelgeneem het. Dit is die vierde maal in 10 jaar dat Hoërskool Cradock deurdring na die ATKV Tienertoneel Finaal.

Die tweede Jong-Regisseursplatform vir opkomende skrywers en regisseurs is ook gedurende die tweede kwartaal van 2016 aangebied. Die idee was om enersyds ervare dramaleerders die geleentheid te bied om as regisseurs en teksskrywers te ontwikkel, en andersyds om meer toneelspel-geleentheid aan ons leerders te bied. Karla Taljaard – oudskolier wat haar graad in drama behaal het en tans besig is met haar Hoër Onderwys Diploma aan Rhodes-universiteit was die hoofbeoordelaar. Die drie produksies, Kyk Noord! onder leiding van
Kalinka Venter, Dirkie Cronjé en Zander Niemand, Curl up & Dye, onder leiding van Thomas Lord en Raylene Ferreira (ook aangewys as die
Beste Regisseurs) en ‘n Kwessie van Verbeelding, met Doané de Beer en
Liané Jonker aan die stuur (ook aangewys as die wenproduksie) was waarlik ‘n toonvenster van die veelsydigheid van CHS se dramaleerders.


noodhulp1Noodhulp

CHS het die grootste en aktiefste noodhulpspan, wat net uit leerlinge bestaan, van al die nabygeleë skole. Die CHS Noodhulpspan bestaan uit 20 gereelde lede. Die leerlinge werk by al die atletiekbyeenkomste wat CHS aanbied, asook al die winter-sportbyeenkomste en bou so waardevolle ondervinding op.

Vyf leerlinge van die Noodhulpspan het al hul vlak 3 kursus suksesvol voltooi en so erekleure vir noodhulp verwerf.


kultuur.redenaars

Debat

CHS neem deel aan inter-bebat teen Tarkastad. In 2017 word baie meer inter-debatte beplan.

Redenaars

CHS neem deel aan ATKV-redenaars te Port Elizabeth. Twee leerders dring deur na die tweede rondte, ‘n baie moeilike mylpaal om te haal. Een leerder dring deur na die landswye finaal en eindig 9e in Suid-Afrika.


One Way

Die VCSV-tak van CHS kom elke Woensdagaand om 18:00 by NG-Oos se kerksaal bymekaar. Hier word Christelike films gekyk,aanbiedings bespreek en belangrike vrae oor Christenskap gevra en beantwoord.

Elke jaar gaan die One Way leiers op ’n opleidingskamp waar hulle geleer word om die leiding in die skool te neem. Elke Maart word daar ’n kamp na Jeffreysbaai gereël wat die leerders baie geniet. Tydens die April vakansie vind daar ook ’n #IMAGINE kamp plaas in Jeffreysbaai. One Way is ’n plek waar ons leerders mekaar beter kan leer ken op ’n geestelike vlak. Tydens 2017 gaan die formaat van One Way verander. Ons sien uit om al ons planne met u te deel!


Olimpiades

CHS neem jaarliks deel aan die ATKV Taalolimpiade sowel as die ATKV Wêreldolimpiade en behaal elke jaar goeie uitslae.


Landsdiens

Die Landsdiensbeweging is ‘n opvoedkundige jeugbeweging wat streef daarna om ons jeug vaardig te maak in die hantering en bewaring van die omgewing in sy totaliteit. Om díe doel te bereik word van die omgewingsprojekte en aktiwiteite gebruik gemaak. ‘n Landsdiener is ‘n persoon wat bereid is om te dien, met oorgawe te werk en te skaaf aan ons groeiende jeug.

Verskeie Landsdienskampe word deur die jaar onderneem, waarvan die Provinsiale Kampe sekerlik die belangrikste is. Volgens prestasie word leerders binne die Oos-Kaap jaarliks gekeur om aan Nasionale Kamp (bygewoon deur 9 provinsies) deel te neem.


Skooltoere

Daar word op ‘n gereelde basis skooltoere onderneem na plekke soos die Kruger Wildtuin, Golden Gate, Kaapse Suidkus en heel onlangs na die Augrabies en Kgalagadi Nasionale Parke.


Eisteddfod

CHS neem deel aan twee Eisteddfods, naamlik Queenstown Eisteddfod en Aliwal Eisteddod. In Queenstown neem die CHS koor deel en behaal brons. In Aliwal behaal die CHS koor dubbelgoud.

Leerders neem ook deel in die volgende kategorië: Sangitems, Drama, Redenaars en Skryfkuns.


ATKV Poort Skryfkompetisie

Tydens die 2016 AKV Poort Skryfskompetisie word Alet jv Rensburg as nasionale wenner aangekondig vir poësie, die hoogste prestasie. Sy ontvang ‘n kontantprys en word uitgenooi na die prestige gala aand in Pretoria.