Skoollied

Met ons wit gewelprag teen die hemel so blou;
staan die Hoërskool Cradock daar
Toegewy, aan jou sy
met paraatheid en met trou –
Tussen heuwel en hang, aan die Visrivier se wal,
is ons strewe altyd daar:
Jou te dien, jou te eer, met ons hart met ons gees;
Sonder moeite is als tevergeefs.

Koor

Helder klink ons leuse elke dag:
Niks is sonder moeite moontlik nie –
Gaan ons saam die toekoms tegemoet
Dis die Hoërskool Cradock BO!
Roem van Middellande is ons prag;
Bly ons hart aan jou verpag:
Burgers van Suid-Afrika sal ons jou nooit vergeet.

Woorde: Gawie le Roux
Musiek: Dalene de Jager
(1981)